Blokraai.
Kom toets jou woordeskat elke maand met ‘n nuwe blokraaisel.
Uitgawe 1 – Januarie 2026
1 dwars: Wat word die solder in ou Kaapse huise genoem wat keer dat brandende gras op die mense in die huis val, as ‘n grasdak aan die brand slaan?
1 af: Wat word ’n tuin vol beelde genoem?
2 dwars: Watter tipe dier is ’n muis, rot en hamster?
2 af: Met watter tande kou mens mee?
3 af: Watter tipe tande gebruik roofdiere om hulle prooi mee dood te byt?
4 dwars: Wat is ’n ander woord vir spelerige gedrag?
5 dwars: Wat noem mens iemand wat al sy kos self vervaardig en andersins alles self doen?
6 dwars: Wat noem mens diere wat oor baie eeue heen deur mense uitgekies was sodat hulle nie meer wild is nie.
7 af: ’n Kamer of ’n deel van ’n kerk waar mense bid.
8 af: Die versamelnaam vir koring, mielies, rys, hawer en gars.
9 af: Watter tipe dier jag ander diere?
10 dwars: ’n Woord vir ou vervalle geboue.
10 af: Die algemene naam vir die siekte wat mense van rotvlooie gekry het en in die 14de eeu 50 miljoen mense se dood veroorsaak het.

Uitgawe 2 – Februarie 2026
BLOKRAAI

1 Wat word die tros blomme genoem wat mens in keiserskrone en gifbolle aantref?
2: Wat noem mens die proses waartydens die wieke met seile bedek word?
3 dwars: Wat noem mens die kleinste windpompe waarmee water gepomp word?
3 af: Watter tipe windpomp se romp is van klip en steen gebou?
4: Watter tipe windmeul word van die grond af opgeseil en gekrui?
5: Wat is die naam van die windpompe met vertikale vinne in die Midde Ooste?
6 dwars: ‘n Gebou waarin konings en ridders tydens die Middeleeue gewoon het.
6 af: Die onderste maalsteen wat nie beweeg nie.
7: ‘n Vertikale as wat draai.
8: Om iets of iemand te vertroetel of te versorg.
9: Die boonste meulsteen wat draai.
10: Deeg, maar spesifiek loperige deeg.
11: ‘n Tipe meul waar erts fyngekap word.
12: Iemand wat baie van soetgoed hou.
13: Die proses om iets swaar te draai of te dra.
14: Wat is die regte woord vir die arms van ‘n windmeul?
15 Oriëntasie parallel aan die horison.
Uitgawe 3 – Maart 2026

1. Af: Die buitenste lagie om ‘n saad.
1. Dwars: Die kos wat mense meestal eet.
2. ‘n Siekte wat kleuters ontwikkel wat net pap gevoer word na hulle gespeen is.
3. Die mieliegereg wat mense in Noord Italië as stapelvoedsel eet.
4. Af: Burgers van die Verenigde Koningkryk woon.
4. Dwars: Brandstof wat van plante en dierafval gemaak word.
5. Af: Een van die 8 000 mini-forte wat deur die Britte in Suid-Afrika tydens die Anglo-Boereoorlog opgerig is.
5. Dwars: Grond wat geskik is om op te boer.
6. ‘n Ondergrondse swam wat ten duurste in spogrestaurante opgedis word.
7. Die proses om oor dekades of eeue lank plante en diere met gesogde kenmerke uit te kies om mee te boer.
8. Die voedingstowwe wat in plante opgegaar word om aan hulle energiebehoeftes te voldoen.
9. Af: Krygers of soldate wat tydens ‘n oorlog gevange geneem is.
9. Dwars: ‘n Groep gewapende en berede burgers wat veg.
10: Die tipe alkohol wat as brandstof gebruik word.
Uitgawe 4 – April 2026
BLOKRAAI

1: Die rooi lagie weefsel wat neutmuskaat bedek en as spesery gebruik word.
2 af: Die kunstydperk van die 17de eeu.
2 dwars: Die man wat vir die organisasie van die bemanning en skip verantwoordelik was.
3 af: Die algemene naam vir ‘n angiosperm.
3 dwars: ‘n Hars, salf of middel om mummies mee te behandel.
4: Die tydperk van die Griekse en Romeinse kultuur.
5. Die plant waarvan drop gemaak word.
6 af: ‘n Plek waar skepe kon aandoen om vars water en kos op te laai.
6 dwars: Die hoogtes naas ‘n berg.
7 af: ‘n Persoon wat op een van die vele eilande in die Stille Oseaan bly.
7 dwars: Lekkergoed wat van die sap van die soethoutplant se wortels gemaak word.
8: Aromatiese blare of stingels wat as geurmiddel by kos gevoeg word (enkelvoud).
9: Die handelsroete wat Sjina gebruik het om met die Midde-Ooste handel te dryf.
10: ‘n Groep skepe wat aan ‘n maatskappy of land behoort.
11: Die gepreserveerde liggaam van ‘n dooie farao.
12: Die algemene naam vir argipel.
13: Die naam van die peninsula waar Spanje en Portugal geleë is.
14: Om gewasse te kweek.
15: Die tegnologiese tydperk voor die gebruik van metaal.
16: Die stad in Frankryk wat alleenreg gekry het om mostert te maak.
17: Aromatiese sade, vrugte, blomme, bas en wortels wat as geurmiddels gebruik word.
18: Die bolvormige ondergrondse voedselstoororgaan van sekere plante.
19: Die gebied oos van die Middelandse See
Uitgawe 5 – Mei 2026
BLOKRAAI

1: Die ampstaf van ‘n koning.
2 dwars: Die tydperk 3 300 – 1 200 jaar v.C.
2 af: Die hamer waarmee mens slak van ‘n sweislas afkap.
3 ‘n Stof wat blink as dit gepoleer word en wat ‘n goeie geleier van elektrisiteit en hitte is.
4. Die tipe hamer waarmee mens paneelspykers inkap.
5. ‘n Tipe metaal wat van nature blink, pletbaar en redelik skaars is.
6. Dit wat met geld of ‘n muntstelsel te doen het.
7. ‘n Mengsel van twee of meer tipe metale.
8. Iemand wat ‘n myn of myne besit en baie ryk daaruit geword het.
9. ‘n Meersellige organisme wat nie fotosintetiseer nie, maar ook nie ‘n dier is nie.
10. Die meervoud van ‘n driehoekvormige voorwerp wat mens in ‘n kraak slaan om dit oop te druk.
11. Die Nama woord vir ‘n akkedis.
12. Die plek waar makelaars heen gaan om besigheid te doen.
13. Die buitenste 40 km van die aarde.
14. Die benaming vir Britte wat tydens die goudstormloop hiernatoe gekom het.
15. ‘n Stuk gegote metaal wat in die verlede handel mee gedryf is.
16. Die reuse klipstandbeelde op Paaseiland.
17. ‘n Geologiese laag wat op die grond sigbaar is.
18. ‘n Kunswerk op ‘n plat oppervlakte maar wat tog drie-dimensioneel opstaan.
19. Die meervoud van ‘n instrument waarmee mens ‘n landery gelyk maak.
20. Die gebied waar die meeste goudmyne in Suid-Afrika voorgekom het.
21. Die rykste groep mynmagnate op die Witwatersrand.
22. Stawe goud of silwer wat deur lande in hul staatskas opgepot word.
23. Die gebied oos van die Middelandse See.
24. Die klas van verarmde Afrikaners van ‘n eeu gelede.
25. Die mynproses waartydens ‘n gouddraende geologiese laag gemyn word.
26. Die natuurlike mengsel van goud en silwer.
27. Die vertikale opening in ‘n myn wat tonnels verbind.
28. Rotse wat vir hulle metaalinhoud gemyn word.
29. Die metaal wat meer oorloë as enige ander metaal veroorsaak het.
30. Die metaal wat saam met koper gemeng word om brons te vervaardig.
Uitgawe 6 – Junie 2026
BLOKRAAI

1: Makgemaakte
2: Koninkryk in noorde van Zimbabwe
3: Arabiese seilskip
4: Stuk stabiele aardkors
5: Vermindering van waarde van geld
6: Gesteente van saamgeperste klippe en sand
7: Landvorm wat by riviermonding vorm
8: Hoofstad van Shona koninkryk 1000 jaar gelede duskant die Limpopo
9: Uitbreiding van koninkryk of ryk
10: Streek suid van die Sahara
11: Proses waartydens sedimente afgeset word
12: Kultuur wat Islam aanhang
13: Proses waartydens metale aan kwik verbind
14: Seisoenale reën in Indië
15: Verwysing na ’n bepaalde groep mense se gedeelde kultuur, taal of oorsprong.
16: Vou in die aardkors
17: Die koninkryk van ‘n sultan
18: Rommel wat tydens ‘n katastrofe ontstaan
19: Die gebied in Afrika suid van die Middelandse See en wes van Egipte
20: Die kleinste maar digbevolkste provinsie in Suid-Afrika
21: ‘n Duisend miljoen
22: ‘n Metaalkundige
23: Een van die oudste beskawings op aarde.

