Blokraai.
Kom toets jou woordeskat elke maand met ‘n nuwe blokraaisel.
Uitgawe 1 – Januarie 2026
1 dwars: Wat word die solder in ou Kaapse huise genoem wat keer dat brandende gras op die mense in die huis val, as ‘n grasdak aan die brand slaan?
1 af: Wat word ’n tuin vol beelde genoem?
2 dwars: Watter tipe dier is ’n muis, rot en hamster?
2 af: Met watter tande kou mens mee?
3 af: Watter tipe tande gebruik roofdiere om hulle prooi mee dood te byt?
4 dwars: Wat is ’n ander woord vir spelerige gedrag?
5 dwars: Wat noem mens iemand wat al sy kos self vervaardig en andersins alles self doen?
6 dwars: Wat noem mens diere wat oor baie eeue heen deur mense uitgekies was sodat hulle nie meer wild is nie.
7 af: ’n Kamer of ’n deel van ’n kerk waar mense bid.
8 af: Die versamelnaam vir koring, mielies, rys, hawer en gars.
9 af: Watter tipe dier jag ander diere?
10 dwars: ’n Woord vir ou vervalle geboue.
10 af: Die algemene naam vir die siekte wat mense van rotvlooie gekry het en in die 14de eeu 50 miljoen mense se dood veroorsaak het.

Uitgawe 2 – Februarie 2026
BLOKRAAI

1 Wat word die tros blomme genoem wat mens in keiserskrone en gifbolle aantref?
2: Wat noem mens die proses waartydens die wieke met seile bedek word?
3 dwars: Wat noem mens die kleinste windpompe waarmee water gepomp word?
3 af: Watter tipe windpomp se romp is van klip en steen gebou?
4: Watter tipe windmeul word van die grond af opgeseil en gekrui?
5: Wat is die naam van die windpompe met vertikale vinne in die Midde Ooste?
6 dwars: ‘n Gebou waarin konings en ridders tydens die Middeleeue gewoon het.
6 af: Die onderste maalsteen wat nie beweeg nie.
7: ‘n Vertikale as wat draai.
8: Om iets of iemand te vertroetel of te versorg.
9: Die boonste meulsteen wat draai.
10: Deeg, maar spesifiek loperige deeg.
11: ‘n Tipe meul waar erts fyngekap word.
12: Iemand wat baie van soetgoed hou.
13: Die proses om iets swaar te draai of te dra.
14: Wat is die regte woord vir die arms van ‘n windmeul?
15 Oriëntasie parallel aan die horison.
Uitgawe 3 – Maart 2026

1. Af: Die buitenste lagie om ‘n saad.
1. Dwars: Die kos wat mense meestal eet.
2. ‘n Siekte wat kleuters ontwikkel wat net pap gevoer word na hulle gespeen is.
3. Die mieliegereg wat mense in Noord Italië as stapelvoedsel eet.
4. Af: Burgers van die Verenigde Koningkryk woon.
4. Dwars: Brandstof wat van plante en dierafval gemaak word.
5. Af: Een van die 8 000 mini-forte wat deur die Britte in Suid-Afrika tydens die Anglo-Boereoorlog opgerig is.
5. Dwars: Grond wat geskik is om op te boer.
6. ‘n Ondergrondse swam wat ten duurste in spogrestaurante opgedis word.
7. Die proses om oor dekades of eeue lank plante en diere met gesogde kenmerke uit te kies om mee te boer.
8. Die voedingstowwe wat in plante opgegaar word om aan hulle energiebehoeftes te voldoen.
9. Af: Krygers of soldate wat tydens ‘n oorlog gevange geneem is.
9. Dwars: ‘n Groep gewapende en berede burgers wat veg.
10: Die tipe alkohol wat as brandstof gebruik word.
Uitgawe 4 – April 2026
BLOKRAAI

1: Die rooi lagie weefsel wat neutmuskaat bedek en as spesery gebruik word.
2 af: Die kunstydperk van die 17de eeu.
2 dwars: Die man wat vir die organisasie van die bemanning en skip verantwoordelik was.
3 af: Die algemene naam vir ‘n angiosperm.
3 dwars: ‘n Hars, salf of middel om mummies mee te behandel.
4: Die tydperk van die Griekse en Romeinse kultuur.
5. Die plant waarvan drop gemaak word.
6 af: ‘n Plek waar skepe kon aandoen om vars water en kos op te laai.
6 dwars: Die hoogtes naas ‘n berg.
7 af: ‘n Persoon wat op een van die vele eilande in die Stille Oseaan bly.
7 dwars: Lekkergoed wat van die sap van die soethoutplant se wortels gemaak word.
8: Aromatiese blare of stingels wat as geurmiddel by kos gevoeg word (enkelvoud).
9: Die handelsroete wat Sjina gebruik het om met die Midde-Ooste handel te dryf.
10: ‘n Groep skepe wat aan ‘n maatskappy of land behoort.
11: Die gepreserveerde liggaam van ‘n dooie farao.
12: Die algemene naam vir argipel.
13: Die naam van die peninsula waar Spanje en Portugal geleë is.
14: Om gewasse te kweek.
15: Die tegnologiese tydperk voor die gebruik van metaal.
16: Die stad in Frankryk wat alleenreg gekry het om mostert te maak.
17: Aromatiese sade, vrugte, blomme, bas en wortels wat as geurmiddels gebruik word.
18: Die bolvormige ondergrondse voedselstoororgaan van sekere plante.
19: Die gebied oos van die Middelandse See

