Ontdek.

Leer elke maand iets nuuts om so jou algemene kennis te groei.

Uitgawe 1 – Januarie 2026

Die Huismuis

Die huismuis is een van die eerste diere wat saam met mense geleef het. Mense het heel eerste honde makgemaak. Oorspronkik was honde gebruik om mee te jag. Mens het toe heeltyd rondbeweeg agter wild aan en het nie lank op een plek gebly nie. Later, toe mense met graan en skape begin boer het, het hulle huise gebou waarin hulle heeljaar gebly het, want hulle het nie meer nodig gehad om agter wild aan te trek nie.

Toe mense in huise begin bly het, het muise saam met hulle ingetrek. In huise was muise beskerm teen roofdiere soos uile en slange wat hulle wil vang en daar was graan om te eet. Muise, soos baie ander knaagdiere is lief vir graan. Mense gebruik nie baie die woord graan wanneer hulle praat nie, maar jy ken dit eintlik al.

As jy brood, koekies of pap eet, eet jy eintlik graan. Graan is kos soos koring, mielies, rys, hawer en nog baie ander. Graan is die sade van grasse wat mense duisende jare gelede uitgesoek het en vir kos aangeplant het. Baie tipes kos word van graan gemaak – soos mieliepap, hawermout, graanvlokkies, muesli, maltabelapap, gepofte rys, pannekoek en pasta. Brood, koek, koekies, beskuit en pizzas word van koringmeel gemaak en in ’n oond gebak. 

Muise is baie lief vir al hierdie kos wat ons van graan maak. Muise, het soos alle knaagdiere, spesiale voortande waarmee hulle knaag. Knaagdiere sluit muise, rotte, hamsters, marmotte, blesmolle, ystervarke, bewers en nog baie, baie ander diere in. Daar is meer knaagdiere as enige ander tipe soogdiere op Aarde. Knaagdiere het almal twee boonste en twee onderste snytande, terwyl jy vier boonste snytande en vier onderste snytande het. Honde het ses boonste en ses onderste snytande. Knaagdiere het nie slagtande nie, terwyl honde en mense slagtande het. Ons noem die slagtande van mense oogtande. Muise het kiestande soos jy. Dit is die tande waarmee gekou word.

Die punte van die snytande van knaagdiere is baie skerp en beitelvormig.  Hulle gebruik dit om deur die harde buitenste doppie van sade te knaag. Rotte kan ook gate in hout en selfs in sement knaag om in huise in te kom. Rotte hou daarvan om in die dakke van huise te woon, terwyl muise weer van kombuise hou en dikwels onder of agter kaste bly, of gaatjies in vloerlyste groter kou en so in gapings tussen die bakstene en die vloerlyste hul neste maak.

Muise kan baie vinnig voortplant, omdat daar gewoonlik so ses tot agt babas op ‘n keer gebore word. Nadat die babamuise gespeen is, word die volgende groepie babas omtrent 25 dae later gebore. Die rede hoekom muise so vinnig voortplant, is omdat hulle so erg deur roofdiere in die natuur gejag word. Maar roofdiere kom gewoonlik nie in mense se huise voor nie en dus teel huismuise baie vinnig aan.

Muise en rotte kan siektes aan mense oordra. Vlooie van rotte het ’n dodelike siekte van rotte na mense oorgdra wat die Swart Dood genoem word. Omtrent 100 miljoen mense, ongeveer die helfte van die mense in Eurasië, het daarvan doodgegaan. Muise en rotte kan deur hulle piepie of mis op kos, of oppervlaktes, ook siektes na mense toe oordra.

Uitgawe 2 – Februarie 2026

ONTDEK

Windmeule

‘n Ry ondergrondse meulkamers, wat met die boonste windkamers ooreenstem, is onder die hierdie muur gebou.  In die skets hierlangsaan kan jy sien hoe die paal van die boonste windkamer tot binne die meulkamer gaan om die lopersteen in die rondte te draai wanneer die vinne in die windkamer bogronds deur die wind beweeg word.

 

Die windmeule wat ons beter ken is dié van Europa wat vertikale wieke het wat ‘n horisontale as draai.  Die meule wat in die Kaap deur die Hollanders en later Dirk van Renen gebou is, het soos dié van Europa gelyk en gewerk.

Daar is talle verskillende windmeulontwerpe in Europa, maar almal volg dieselfde beginsel: die wieke van hierdie windmeule kan na die wind gedraai word soos wat die windrigting verander.  Die wieke, wat vertikaal rondom ‘n horisontale as gerangskik is, draai met behulp van ratte ‘n vertikale as wat aan die boonste meulsteen, of lopersteen, geheg is en dit teen die stilstaande onderste maalsteen, of lêersteen, draai.

Windmeule word egter nie slegs vir die maal van graan gebruik nie.  Die woord saagmeul verwys na windmeule wat saaglemme aandryf waarmee hout gesaag was.  Ander windmeule was gebruik om water te pomp, papiermeule waar vodde fyngemaal is om papier te maak, hamermeule waar erts fyn gestamp is, snuif en mostertsade gemaal is, ens.

Toringmeule is egter maar net een windmeulontwerp wat mens in Europa en later in ander lande soos Suid-Afrika en VSA, waar Hollanders bedrywig was, teëkom. Aangesien dit goedkoper en makliker is om strukture uit hout te bou, is talle windmeule in Nederland en België uit hout gebou. Windmeule wissel ook in grootte – die kleinstes word tjaskers genoem en word uitsluitlik vir die pomp van water gebruik.


Tjaskers soos die een hier langsaan bestaan uit ‘n houtraam wat toegerus is met ‘n klein wiekwiel, van ongeveer 2-3 m in deursneë, wat ‘n Archimedes-skroef in ‘n pyp draai. Hierdie tipe meul is ook ‘n onderkruier omdat die hele stellasie op die grond geskuif moet word om die wieke na die wind te rig.

Hoe ‘n windmeul werk:

Die windmeul bestaan hoofsaaklik uit ‘n romp en ‘n kap, of uit ‘n kas op ‘n paal.  In die geval van groot meule waarvan die romp uit hout gebou is, of toringmeule, word die wieke met behulp van die kap na die wind gedraai of gekrui.  Wanneer slegs die kap van die windmeul gedraai kan word, word dit ‘n bo-kruier genoem.  Die grootste windmeul, De Noord in Holland, wat meer as 33 m hoog staan met ‘n wiekkruis wat 27 m in deursneë, is ‘n bo-kruier. 

Die hele kas van die paalmeul (standerd- of standaardmolen in Nederlands) moet daarenteen na die wind gedraai word.  Die paalmeul besit ‘n baie groot houtpaal (standerd of standaard in Nederlands) van 60 – 80 cm in deursneë, wat in die modderige grond gehamer word sodat slegs die boonste deel uitsteek.  ‘n Houtkas word dan staangemaak bo-op hierdie paal, wat as spil dien waarom die kas gedraai kan word om die wieke na die wind te rig. 

Die wipmeul, wat ‘n verbetering op die paalmeul is, word ‘n middelkruier genoem.  Met ander woorde die boonste kas wat bo-op ‘n gebou opgerig is, word na die wind gekrui terwyl die gebou (gewoonlik uit klip of steen) nie beweeg nie.

Groot toringmeule, of agtkantige houtmeule met ‘n stelling of omloop, waarop die meulenaar rondom die meul kan loop, staan ook as ‘n stellingmeul bekend.  Die meulenaar loop op die stelling om die wieke op te seil en om die kap met behulp van die stertbalk die kap na die wind  te krui.

In die geval van ‘n klein toringmeul soos Mostert se meul, moet die meulenaar op die grond die stertbalk krui, om die kap te draai tot die wieke in die wind wys.  Die meulenaar moet ook van die grond af teen elke wiek opklim om die seil te span.  So ‘n meul word ‘n grondseiler genoem.

Die stertbalk is aan twee dwarsbalke, die klein en groot spruitbalke (of in kleiner windmeulens die klein spruitbalk en middelbalk) met behulp van steunbalke gekoppel. Die spruitbalke en middelbalk is aan die vloer van die kap gekoppel. Staalhangers word gebruik om die kort spruitbalke aan die lang steunbalke te koppel om die kruibalkstruktuur te versterk.


Wanneer die meulenaar die windmeul moet krui, trek hy eerstens die vangstok met wat die draaibeweging van die bo-as rem en dus die draai van die wieke ook stop. Dan haak hy ‘n ketting aan ‘n paal langs die windmeul vas in die rigting waarheen die kap moet krui.


Hierdie ketting is aan ‘n windas op die stertbalk vasgemaak wat die meulenaar dan met behulp van ‘n kruiwiel of ‘n slinger opwen, wat veroorsaak dat die stertbalk in die rigting van die paal getrek word. Daar is verskeie van hierdie pale in die grond rondom die windmeul geplant.

Die wiekkruis is aan die bo-as binne die kap gekoppel.  Soos wat die wieke draai, draai die bo-as en dit draai weer die aswiel, wat die groot rat is.  Die aswiel draai om die beurt die rondsel wat inderwaarheid ‘n vertikale rat is wat dan die koningspil draai wat om die beurt die lopersteen van die maalkoppel op die middelste vloer binne die toring draai. Die lêersteen lê natuurlik stil onder die lopersteen. Aangesien die maalkoppel binne die

kap, direk onder die rondsel van die toringmeule van Consuegra in Spanje is, ontbreek daar ‘n koningspil in hierdie meule. Die maalkamer is ook binne die kap en nie op die tussenvloer soos in die geval van Mostert se meul nie.

Seilvoerings:

Die maalproses:

Die koningspil draai die staalspil wat met behulp van die druwer die beuelryn, wat in gleuwe onder in die lopersteen vasgeslaan is, te draai.

Die koring val van die kaar of opslagtregter tot in die skudbak of skoen.  Die skudbak word met behulp van ‘n nok op die spil geskud soos wat die spil in die rondte draai.  Vanaf die skudbak word die koring in die loper se kropgat gestort.

Die koring word dan in die groewe van die lopersteen gevang en tussen die twee draaiende stene gevoer.  Die koringkorrels word dan tussen die stene tot meel fyngemaal.

Die meel word van daar met behulp van die groewe na die rand van die maalstene vervoer waar dit in die kuip rondom die maalkoppel versamel waarvandaan dit met ‘n meelpyp na die grondvloer vervoer word waar dit in sakke verpak word.

Die onderste oppervlakte van ‘n lopersteen is sigbaar in die prent hiernaas.  Let op die vier arms van die beuelryn wat in groewe rondom die kropgat van die meulsteen vasgekap is.  Die druwer, wat vas aan die staalspil is, pas in die vierkantige gat in die middel van die beuelryn.

Die lêersteen het soortgelyke groewe op sy boonste oppervlakte as wat die lopersteen op sy onderste oppervlakte het.  Na gelang van tyd verweer die twee maalstene se oppervlaktes en dus word die groewe al vlakker en minder effektief.  Wanneer dit gebeur word ‘n klipwerker se hulp ingeroep en sal hy die groewe weer dieper beitel.

Uitgawe 3 – Maart 2026

Voedingswaarde van mielies:

Voedingswaarde van mielies:

Daar is selfs, veral in Mexiko, die gebruik om ‘n swaminfeksie op mielies, genaamd mieliebrand, as lekkerny te eet.  Hierdie gesogde swam (Ustilago maydis) kan rou of gaar in slaai, sop, bredies of as ‘n aparte dis geëet word.  Blykbaar proe dit soos iets tussen sampioene en truffels.

In Europa was daar toe oor die volgende twee eeue kultivars geselekteer, wat onder die kouer en natter toestande in Europa, in vergeleke met dié van Mexiko,


Mielies in Afrika:

Die Portugese het mielies reeds meer as vyf eeue gelede na hul hawestede langs die ooskus van Afrika gebring, waarvandaan dit na die binneland versprei het. Jan van Riebeeck het in 1655 mieliesaad uit Nederland ontvang en die Vryburgers aan die Kaap het in 1658 mieliesaad uit Nieu-Guinee geplant. Alhoewel die Voortrekkers steeds baie koring geplant het en brood as stapelvoedsel geëet het, het hulle ook mielies saamgeneem en so na die binneland versprei.
In lande soos Mexiko, VSA, Suid-Amerika en Afrika word mielies op verskillende maniere geëet – as groenmielies of as gekookte pitte.


Voedingswaarde van mielies:

Mielies is ‘n belangrike bron van koolhidrate. ‘n Droë mieliepit bestaan uit ongeveer 75% stysel. Ongeveer 3-10% van die droë mieliepit bevat proteïene, maar dit het ongelukkig beperkte voedingswaarde, omdat sekere aminosure soos lisien en triptofaan ontbreek. Die vetinhoud van ‘n droë mieliepit wissel tussen 2% tot 5%. Mielies is ook ‘n bron van Vitamien A

en B en bevat fosfor, kalium, yster, kalsium en sink. Die inheemse Amerikaners het reeds duisende jare gelede ontdek dat disse van mielies en bone saam baie voedsaam is. Die tekort aan belangrike aminosure in mielies en boontjies word deur mekaar se aminosure aangevul om volledige proteïene in die liggaam te vervaardig. Danksy hierdie dieët, is kwasiorkor, wat algemeen in Afrika voorkom, baie skaars in die Amerikas.

Mielies is Suid-Afrika se belangrikste landbougewas en word op ongeveer helfte van die land se bewerkbare grond verbou. Alhoewel baie bestaansboere tot kommersiële boere regoor die land mielies verbou, is die gebied waar die meeste mielieplase voorkom die mieliedriehoek wat Noord en Oos Vrystaat, en Suid Transvaal (die suidoostelike deel van Noordwes, Gauteng en die suidwestelike deel van Mpumalanga) insluit.


Mielies word gewoonlik gedurende Desember tot Januarie as groenmielies geoes om deur mense geëet te word. Mielies word ook op die land tot Mei of daarna gelos om heeltemal ryp en hard te word. Hierdie mielies word tot verskillende grade gemaal wat vir onder andere pap en stampmielies gebruik word. Ryp mielies word ook vir voer vir onder andere hoenders, beeste en varke gebruik.